Logos Multilingual Portal

Select Language



[ No Biography for this Author ]

\'n proses wat gelei het van die ameba tot die mens het vir filosowe vanselfsprekend na vooruitgang gelyk, hoewel dit onbekend is of die ameba met hierdie mening sal saamstem
alle eksakte wetenskappe word gedomineer deur die idee van benadering
beskaafde mense kan nie hulle geslagsinstinkte ten volle bevredig sonder liefde nie
die christelike geloof, soos in die kerke georganiseer, was en is nog steeds die grootste vyand van morele vooruitgang in die wêreld
die meeste mense sou eerder sterf as om te dink; en dit is wat hulle inderdaad doen
die probleem met die wêreld is dat die onnoseles doodseker is en die intelligentes vol twyfel
ek sal nooit vir my oortuigings sterf nie, want ek sou verkeerd kon wees
mense word onkundig gebore, nie onnosel nie; hulle word onnosel gemaak deur die onderwys
niemand skinder oor ander mense se geheime deugde nie
om sommige dinge te moet ontbeer wat jy graag wil hê, is ’n onontbeerlike deel van geluk
voor daar gedink word oor hoe om te onderrig, sou dit goed wees om helderheid te kry oor die resultate wat ’n mens wil bereik
waarom die ou foute herhaal as daar soveel nuwe foute is om te begaan?
wat is die verskil tussen ’n skrander, weetgierige vyfjarige en ’n domonnosele neëntienjarige? Veertien jaar van die Britse Onderwysstelsel
wie toegeneentheid probeer koop deur welwillende dade word ontgogel deur die ervaring van menslike ondankbaarheid